For information about COVID-19 go to: www.sacoronavirus.co.za
All-in-One / Als-in-Een Ripper
Die All-in-ONE (AiO) Ripper is ontwerp om ondergrondse chemise regstellings met gemak in een bewerking te doen.

ALL-in-ONE beteken dat die ripper ALS-in-EEN bewerking kan doen.
RIP
Plaas vooraf uitgestrooide bemesting en/of kalk op verlangde diepte.
SAADBED
Maak saadbed met verskillende afwerkings:
Behou die stoppels
Windkeerwalle soos nodig
Fyn saadbed indien so verkies
EKONOMIES
Verskillende aksies word gelyktydig gedoen

Die regstellende middels , kunsmis, mikro elemente, kalk, gips, ens. word eenvoudig breedwerpig uitgestrooi en met die AiO ingewerk tot op die verlangde diepte.
Ter selfdertyd word die hele profiel los gerip en met die spesiaal ontwerpte toekrap skottels toegekrap. Die skottels kan verstel word om verskillende afwerking te verkry, soos vore ter wille van waai en ‘n gladde saadbed vir beesproeiïng en fyn saad.
Die AiO is GPS aanpasbaar om die regstellende middels op verskillende dieptes te plaas, maar die saadbed word nie daardeur beïnloed nie. Die toekrapskottels bly altyd op dieselfde diepte .
Die ALL-in-ONE is in die volgende groottes besikbaar:
3,5,7,9,11 en 13 tand
Die tande is standaard 450mm van mekaar af gespasieër om algehele bewerking te verseker.
Die spasieëring tussen die tande is verstelbaar.